Perseverance bevestig Mars het water gehad

Nasa se Perseverance het data ingesamel wat die bestaan bevestig van antieke meersedimente wat neergelê is deur water op Mars. Dit is in ‘n reuse-kom op die planeet gevind en sou die Jezero-krater gevul het. Die bevindinge van gronddeurdringende radarwaarnemings wat deur die ‘robot-rover’ uitgevoer is, staaf vroeër data wat wetenskaplikes laat teoretiseer dat dele van Mars eens met water bedek was en moontlik mikrobiese lewe gehuisves het. Die bevindings, sowel as die robot-rover bou op die ontslape Namibiese Nasa-wetenskaplike Japie van Zyl se werk met Curiosity op die rooi planeet.