Amerikaners se aansoek om verlof tot appèl weer uitgestel

Die twee Amerikaanse moordenaars, Kevan Townsend en Marcus Thomas, sal moet wag tot Maart voor hulle die hof kan vra vir verlof tot appèl. Die twee, wat in Januarie 2011 Andre Heckmair doodgeskiet het, is onderskeidelik 29 en 30 jaar vonnisse opgelê. Hulle wil teen hulle skuldigbevinding en vonnisse appelleer maar, Thomas se nuwe regsverteenwoordiger, wat privaat aangestel is, was nie in die hof nie. Die saak is tot 12 Maart uitgestel.