Pepfar skenk US$90,4 miljoen teen vigsstryd in Namibië vir 2022

Die saakgelastigde van die Amerikaanse ambassade in Namibië, Jess Long, het vandag aangekondig dat die VSA 90,4 miljoen Amerikaanse dollar in 2022 aan Namibië se stryd teen vigs deur die Amerikaanse President se Pepfar-projek skenk. Dit is ‘n styging van 89 miljoen Amerikaanse dollar teenoor 2021 se skenking. Die woordvoerder van die ambassade, Walter Parrs, verduidelik wat die bykomende ondersteuning behels.