Pensioenarisse kan vir Stad Windhoek skuldverligting registreer

Die Stad Windhoek nooi pensioenarisse uit om te registreer vir sy 524 miljoen Namibiese dollar skuldverligtingsprogram, soos goedgekeur deur die raad op 30 November verlede jaar. Die registrasietydperk is twee maande, vanaf 15 Februarie tot 15 April, by die Stad se verskillende sentrums in die hoofstad. Die program het spesifieke bepalings en voorwaardes. Een daarvan is dat die skuldafskrywing slegs skuld dek wat tot 30 November 2023 aangegaan is, en enige daaropvolgende skuld moet ten volle betaal word om vir die program te kwalifiseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Lydia Amutenya, woordvoerder van die Stad Windhoek, gesels oor wat die vereistes is en wie kwalifiseer.

Nie-pensioenarisse, dit wil sê besighede, residensiële en ander debiteure, sal ‘n 50 persent skuldkansellasie slegs op rente kry, en hulle hoef nie vir die skuldverligtingsprogram te registreer nie.