Pensioenaris van N$57 000 beroof

‘n Pensioenaris is op Ondangwa van 57 000 Namibiese dollar beroof. Volgens die polisie, is die vrou by die hek van haar woning deur vier ongewapende mans oorval. Sy het vroeër die kontant by haar bank getrek, haar dokter besoek, en toe inkopies gedoen. Daar word vermoed dat die vier haar agtervolg het. Die vier het ook weggekom met haar selfoon, beursie en bankkaarte sowel as haar huis se sleutels. Die vier het in ‘n silwer Polo sonder nommerplate gevlug. Die ondersoek duur voort en Nampol sê die verdagtes is nie bekend nie.