Pensioen, toelaag sal verhoog wanneer begroting bekragtig is

Die verhoging in die staatspensioen sowel as die kindertoelaag, wat in die begroting aangekondig is, sal eers wanneer die begroting deur die parlement bekragtig is, in werking kan tree. Die finansminister Ipumbu Shiimi het 100 Namibiese dollar meer vir elkeen aangekondig. Lukas Haufiku, skakelbeampte in die ministerie van armoede uitwissing sê wanneer dit plaasvind, sal die betalings teruggedateer word tot 1 April.