Penduka vier 30ste bestaansjaar

Die bekende Penduka-sentrum se 30ste bestaansjaar is vandag in Goreangab in Katutura in die hoofstad gevier. Penduka is in 1992 gestig deur die Nederlandse antropoloog Christien Roos en haar eerste raadslid, Martha Muulyau. Die twee vroue het ‘n geskiedenis gedeel wat terugdateer tot by Ehafo, ‘n voormalige organisasie wat mense met gestremdhede gehelp het. Die adjunkminister handel, Verna Sinimbo het gesê die ministerie is verheug om te weet dat die Penduka gemeenskappe bystaan met vaardigheidsopleiding in die handwerkbedryf, sowel as die verskaffing van vaardighede in entrepreneurskap wat vroue kan bemagtig. Sy het private en openbare organisasies aangemoedig die Penduka-Trust te ondersteun. Die ministerie se kommunikasiebeampte, Anna Salkeus, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.