Pence spreek ook gehoor in Washington toe

Die voormalige Amerikaanse vise-president Mike Pence het ook ‘n toespraak in Washington gisteraand gelewer. Terwyl Donald Trump by die Amerika First-instituut gepraat het, was Pence by die Young Americans-stigting waar hy studente toegespreek het. Hy sê sommige kandidate verkies om terug te kyk, hy kyk vorentoe.

Hy is gevra oor die verskille tussen hom en Trump en hy meen daar is nie veel nie, dis net ‘n kwessie van waar elkeen sy fokus plaas.