Uitspraak voorbehou in Mkhwebane se aansoek

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het uitspraak voorbehou in die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se aansoek dat haar skorsing deur President Cyril Ramaphosa omgekeer word. Mkhwebane se prokureurs voer aan haar skorsing is uit wraak en wys daarop dis gedoen voordat die Parlement se Artikel 194-komitee wat haar ampsklag ondersoek, met sy werk begin het. Die DA se regsverteenwoordiger, advokaat Steven Budlender, het aangevoer Ramaphosa se skorsing van Mkhwebane was nie uit vooroordeel of wraak vir die Phala Phala-ondersoek nie: