Pelikaan wat 13 jaar gelede by Hardap gering is, weer gesien

‘n Groot witpelikaan wat 13 jaar gelede deur die bekende Namibiese fotograaf en omgewingsjoernalis Dirk Heinrich gering is, is onlangs weer by Sandwich Harbour suid van Walvisbaai opgemerk. Heinrich het in Mei 2008 sowat 94 pelikaankuikens op ‘n klein eiland in die Hardapdam gering. Hierdie pelikaan is die oudste een wat Heinrich 13 jaar, twee maande en 19 dae gelede gering het, wat weer gesien is. Heinrich vertel aan Kosmos 94.1 Nuus.