Peerboer van Paarl wen gesogte titel

Die 32-jarige Alexander Gibson van Ceres in die Witzenberg-vallei is tydens ‘n spoggerige geleentheid in die Paarl as Agri Wes-Kaap Santam Landbou se Jongboer van die Jaar aangewys. Hy sal die Wes-Kaap later vanjaar by die nasionale Agri SA Toyota SA Jongboer van die Jaar-kompetisie verteenwoordig. Gibson boer reeds die afgelope 11 jaar op Doornkraal Agri met 300 hektaar appels en 110 hektaar pere. Hy was een van vyf boere wat om die titel meegeding het.