Pedrie Wannenburg sterf in motorongeluk in VSA

Die voormalige Blou Bul en Springbok-rugbyspeler, die 41-jarige Pedrie Wannenburg, is volgens berigte in ‘n motorongeluk in Houston in die Amerikaanse deelstaat Texas oorlede. Hy het die Austin Elite Rugbyklub afgerig. Sy seun is ook glo ernstig in die ongeluk beseer. Wannenburg was die eerste speler wat 100 wedstryde vir die Blou Bulle gespeel het en het in 20 wedstryde vir die Springbokke uitgedraf.