Pedofiel-prediker kry twee lewenslange vonnisse

Die Hooggeregshof in Pretoria het ‘n 36-jarige predikant twee keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die blootstelling van kinders aan pornografie, seksuele aanranding, ontbloting aan kinders, en seksuele afrigting van minderjariges tussen die ouderdomme van drie en nege jaar. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana, sê die teistering het tussen 2020 en 2021 voorgekom toe die kinders na die predikant se huis gegaan het vir kooroefening en Bybelstudie: