PDM wil weet wat is die lot van gesondheidsassistente van Covid-19

Inna Hengari, parlementslid van die Popular Democratic Movement, het vandag in die Nasionale Vergadering aan die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, gevra hoeveel jongmense as gesondheidsassistente tydens die Covid-pandemie in die gesondheidsministerie aangestel is. Hierdie individue het die ministerie bygestaan in die stryd teen die Covid-19-pandemie. Hengari sê hulle het ‘n verskeidenheid take verrig het en sy wil weet wat die lot van hierdie vrywilligers is.