PDM se sekretaris-generaal sê grondkwessies is fokus op beleidskonferensie

Die amptelike opposisieparty in Namibië, die Popular Democratic Movement, se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, sê uitgebreide standpunte oor landbou-, stedelike en voorvaderlike grond gaan tydens hul beleidskonferensie volgende week onder die loep kom. Die beleidskonferensie sal vanaf 18 tot 22 Oktober op Otjiwarongo plaasvind en deur sowat 100 afgevaardigdes bygewoon word. Ngaringombe sê aan Kosmos 94.1 Nuus grondkwessies, behuising en die sogenaamde rooilyn gaan onder meer bespreek word.