PDM se Noa-saak is vandag aan

Sewe politieke partye in die Nasionale Vergadering het hande gevat met die PDM om die speaker, professor Peter Katjavivi te dagvaar oor die prosesse wat aangewend is om Paulus Noa en Erna van der Merwe weer by die Teenkorrupsie-kommissie aan te stel vir die volgende vyf jaar. Die partye sê die kern van hulle saak is die mag om spesiale sessies uit te stel of te verdaag, wat Katjavivi gedoen het. Die aansoekers sê daardie mag lê by die lede van die Nasionale Vergadering terwyl die respondente, wat Swapo, die LPM, en die UDF insluit, meen dit berus by die president. Die leier van die PDM, wat die hoofaansoeker is McHenry Venaani sê hulle vra die interdik in verband met die aanstelling omdat daar onreëlmatige prosedures in die Nasionale Vergadering was met die verlenging van die proklamasie deur President Hage Geingob om die aanstelling van Noa te bespreek. Die dringende aansoek word deur regter Collins Parker aangehoor.