PDM se hoofsweep bevraagteken of ECN gereed is vir volgende verkiesings

Die Popular Democratic Movement se hoofsweep, Elma Dienda het vandag in die Nasionale Vergadering die Verkiesingskommissie van Namibië se gereedheid vir die komende verkiesings in 2024 en 2025 bevraagteken. Sy het gesê die tender om verkiesingsmateriaal te voorsien wat vir die afgelope tien jaar aan ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy toegeken is, het tot ‘n einde gekom. Sy wou weet wanneer die kommissie die nuwe tender gaan adverteer.