PDM oor hervestiging van boere naby Nackartaldam

Die PDM-parlementslid Diederik Vries sê daar is ten minste 12 boere wat naby die Nackartaldam woon wat steeds wag om hervestig te word. Hulle wag ook steeds vir kompensasie vir die verlies van hulle grond met die bou van die dam. Volgens Vries was daar tussen 15 en 20 boere in die gebied maar het 5 is tot dusver hervestig. Daar is volgens berigte ook grafte wat verskuif moet word. Hy eis ook dat die gebied omhein moet word omdat 3 kinders reeds verdrink het. Minister Calle Schlettwein sê hy is ingelig dat al die boere in die gebied reeds hervestig en gekompenseer is. Hy het bygevoeg dat die Kantoor van die Karas Goewerneur in samewerking met die Eerste Minister se kantoor verantwoordelik is om kwessies aan te spreek met die gemeenskap.