AB de Villiers se span wen

Krieket: AB de Villiers het Royal Challengers Bangalore tot ‘n twee-paaltjie-oorwinning oor die verdedigende kampioen, Mumbai Indians, gelei in die eerste wedstryd van vanjaar se Indiese Premiersliga in Chennai. Die boulers van RCB het Mumbai tot ‘n skrale 159 vir nege beperk, met Chris Lynn wat hoogste telling van 49 aangeteken het terwyl Harshal Patel vyf paaltjies geneem het. De Villiers is in die laaste boulbeurt op 48 uitgeloop, en Glenn Maxwell het 33 bygedra. Die Chennai Super Kings speel vandag in Mumbai teen Delhi Capitals.