PDM ondersteun verwydering van ‘rooilyn’

Die Popular Democratic Movement, PDM, se president, McHenry Venaani, sê die party ondersteun die verwydering van die veeartseny kordonheining, die sogenaamde rooilyn, sodat kommunale boere in die noorde ook ekonomies bevoordeel kan word. Hy sê tydens die PDM se beleidskonferensie is besluit die rooilyn moet met ‘n buffersone vervang word wat by die grens tussen Namibië en Angola moet wees. Die sekretaris-generaal van die PDM, Manuel Ngaringombe, sê die party ondersteun die verwydering van die rooilyn, maar nie ten koste van diergesondheid en die buitelandse vleismarkte belemmer nie.