PDM moet mooi verduidelik aan regter

Die saak waar die PDM-party die minister van grondhervorming, destyds Utoni Nujoma, tans Calle Schlettwein, dagvaar, is weer vandag voor regter Harold Geier. Die party sê hy soek antwoorde oor die toekenning van grond in die Dordabis-gebied aan die Russiese miljardêr Rashid Sardarov. Maar, PDM het fouteer en nie die reëls van die hof nagekom nie. Stukke moes ingedien word en die party het dit nie op tyd gemaak nie. Die respondente, wat ook Sardarov se Comsar Properties insluit, sê in stukke dat hulle op die hof se beslissing oor die aansoek om kondonasie wat die PDM sal bring, sal wag. Die aansoek om kondonasie sal ook nie teengestaan word nie. Die saak is verskeie kere vertraag en is sedert 2018 voor die hof waar dit as ‘n dringende aansoek gebring is.