PDM-leier sê ivoor moet verwerk en verkoop word

McHenry Venaani sê Namibië moet sy voorraad van ivoor, wat in 2019 meer as ‘n miljard Namibiese dollar werd was, vat en waarde toevoeg. In sy mening kan die land werk skep op die manier en die inkomste hiervan kan gebruik word vir ontwikkeling in die land. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Met Cites-lidmaatskap, wat nodig is omdat Namibië betrokke is by verskeie verdrae en meer, mag geen ivoor, verwerk al dan nie, in die internasionale mark verkoop word nie.