PDM-leier en Duitse politikus vergader oor groen sake

McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisieparty, die PDM, en die Duitse politikus Bärbel Höhn, die BMZ se spesiale verteenwoordiger vir energie in Afrika, sal vanmiddag belangrike sake van nasionale belang bespreek. Hohn van die Green People’s Party, wil ook betrokke raak by die ontwikkeling van volhoubare energievoorsiening vir Namibië en die vestiging van die groen waterstofprojek. Roberto Dirkse, Venaani se amptelike woordvoerder sê aan Kosmos 94.1 Nuus dis belangrik in die stryd teen klimaatsverandering.