PDM-lede vandag ingesweer na lang regstryd

Ses lede van die Popular Democratic Movement, wat net na die 2019 verkiesings van die party se parlementêre lys verwyder is, sal vandag in die Nasionale Vergadering ingesweer word. Die ses, Frans Josef Bertolini, Charmaine Tjirare, Yvette Araes, Tjekupe Maximalliant Katjimune, Raymond Diergaardt en Mike Venaani het tot in die hooggeregshof baklei om hulle setels in die parlement te vul. Die Nasionale Vergadering hervat môre sy sessies.