PDM hou dialoog oor rol van opposisie
Die kantoor van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, gaan op 24 Mei ‘n openbare dialoogsessie by die Nust-ouditorium in Windhoek hou. Die dialoog sal fokus op die rol van die amptelike opposisie in hedendaagse politieke bedeling. Die leier, McHenry Venaani, sal deur kundiges in die politieke veld vergesel word om die onderwerp te bespreek. Venaani nooi lede van die publiek uit om die geleentheid by te woon.