PDM gesels oor gesondheidstender, onderwys en meer

Die leier van die amptelike opposisie-party, die PDM, sê dit tyd dat maatskappye wat nie plaaslik vervaardig nie tenders vir goedere ontvang, moet tot ‘n einde kom. McHenry Venaani het vanoggend by ‘n perskonferensie gepraat oor die omstrede 650 miljoen Namibiese dollar se gesondheidstender aan Amnic Trading van Shapwa Kanyama. Daar is reeds ‘n aanlynpetisie met meer as 7 700 handtekeninge om die tender terug te trek en daar is ook beroepe op President Hage Geingob om die hele tender van die gesondheidsministerie, wat 2,8 miljard dollar werd is, onmiddellik te kanselleer. Venaani sê hy het reeds met die president gepraat.

Rakende die krisis met onderwys, sê Venaani, daar is niks nuuts in Geingob se verslag oor onderwys nie.