PDM gaan ope mark in hoofstad oprig

Die munisipale raad van Stad Windhoek het ‘n skenking van die Popular Democratic Movement goedgekeur om ‘n ope mark op te rig vir handelaars langs Enias Peter Nanyembaweg, voorheen Monte Christoweg, in Havana in die hoofstad. Die party sal die ope mark op erf 142 bou om ‘n geskikte handelsruimte aan 57 handelaars te verskaf. Dit sal verseker dat handelaars toegang tot skoon water en ablusie-geriewe het, terwyl dit ‘n inkomste vir hulle in ‘n gereguleerde en veilige omgewing sal genereer. Die sekretaris-generaal van die PDM, Manuel Ngaringombe sê aan Kosmos 94.1 Nuus kleinskaalse besighede het hulp nodig.