PDM: Afrika se hulpbronne word gemelk

Veteraan-politikus en parlementslid van die PDM, Reginald Diergaardt, het vandag in die Nasionale Vergadering gepraat oor hoe Afrika ten koste van sy mense uit sy hulpbronne gemelk word. Hy sê in Afrika verhinder beperkte toegang tot energie die stryd teen armoede. Die uitdagings wat die energie-sektor in Afrika in die gesig staar, is enorm en het ‘n groot invloed op die algehele prestasie van die vasteland. Hy sê Namibië beleef ‘n energiekrisis met 56,26 persent Namibiërs wat in 2020 sonder toegang tot elektrisiteit was. Die amptelike opposisieleier, McHenry Venaani van die PDM, ondersteun Diergaardt se mening, en sê Afrika is altyd laaste, maar voed die res van die wêreld, en Namibië reageer te laat.

https://iframe.iono.fm/e/1241011