Patrolliebote gaan nie onwettige visvangnette verwyder

Gemeenskappe rondom Impalila-eiland in die Zambezi-streek het die aankoms van drie vlootpatrolliebote verwelkom nadat die Namibiese weermag dit in die Choberivier ontplooi het. Kosmos 94.1 Nuus het aan die Namibiese verdedigingsminister Frans Kapofi gevra of hierdie bote ook sal help om onwettige visvangnette in die rivier te verwyder. Kapofi het geantwoord dat hulle nie kundiges op hierdie gebied is nie, maar die gemeenskap sal adviseer om nie aan onwettige visvangaktiwiteite deel te neem nie.