Passasiersgetalle na Kaapstad herstel 100%

Die Stad Kaapstad sê nuwe data oor vooruit-besprekings het aan die lig gebring dat twee-rigting internasionale passasiersgetalle vir Januarie 2023 tot 100 persent herstel het vanaf getalle in dieselfde maand van 2019. Getalle vir Maart volgende jaar is 118 persent hoër as dié van Maart 2019. Kaapstad maak gereed vir ‘n bedrywige vakansietydperk met bykomende vlugte. Die  burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê daar land tans meer vliegtuie per dag as selfs voor die Covid-pandemie.