Passasiers uit sinkende bus in Soweto geredDecember 9, 2022

Johannesburg gaan gebuk onder stortreën en vloede. EMER-G-MED se operasionele sentrum in Gauteng het vanoggend passasiers uit ‘n sinkende bus in Orlando, Soweto, gered. Hulle het ‘n oproep van ‘n angstige vroue passasier ontvang dat die bus in die stortreën vassit en vinnig vol water raak. EMER-G-MED se woordvoerder, Kyle van Reenen, sê die vrou was paniekbevange en kon nie haar ligging of ‘n landmerk akkuraat aandui nie.