Pasiënte in Rundu-staatshospitaal moet saal met psigiatriese pasiënte deel

Pasiënte wat in die manssaal van die Rundu-staatshospitaal in die hospitaal opgeneem is, het hul kommer uitgespreek oor die feit dat hulle die saal met byna 20 psigiatriese pasiënte moes deel weens die gebrek aan ‘n behoorlike fasiliteit vir psigiatriese pasiënte. In reaksie hierop het die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, gesê die ministerie het planne gehad om ‘n geestesgesondheidsfasiliteit in 2017 by Nankudu-nedersetting in die Kavango-Wes-streek op te rig, maar hierdie planne is deur die plaaslike gemeenskap teengestaan en verwerp. Volgens Nangombe sou hierdie geestesgesondheidsfasiliteit vir beide Kavango-streke voorsiening maak, maar die gemeenskap was nie gelukkig om so ‘n fasiliteit in daardie gebied te hê nie. Hy sê dit is nog steeds ‘n langtermyn-plan van die ministerie.