Nienaber tevrede met diepte van sy span

Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, sê hy is tevrede met die diepte wat hulle nou bou met die oog die Wêreldbeker-rugbytoernooi volgende jaar. Sbu Nkosi en Kurt-Lee Arendse is teruggeroep vir die laaste Rugbykampioenskapswedstryd Saterdag teen Argentinië op Kingspark in Durban. Nienaber sê vanjaar alleen het hulle byna 50 spelers speelgeleentheid gegee. Daarmee is daar beslis diepte geskep, wat een van die belangrikste aspekte vir die span is.