Parys verbied verhuring van e-bromponies

Die Franse hoofstad, Parys, het die eerste groot Europese stad geword om die verhuring van elektriese bromponies in sy strate te verbied. Byna 90 persent van deelnemers aan ‘n openbare raadpleging was teen e-bromponies gekant, met inwoners wat kla oor roekelose bestuur, dronkenskap en oorvol sypaadjies. Operateurs sê hulle word onregverdig uitgesonder as die hoofoorsaak vir die dikwels chaotiese aard van Parys se strate. Die besluit sal na verwagting ‘n beduidende finansiële uitwerking hê op die reputasie van die multinasionale operateurs, en kan ander stede noop om die voorbeeld te volg.