Parys sal veilig wees tydens Spele

Parys se onderburgemeester vir sport beloof die Franse hoofstad sal die veiligste plek op aarde wees tydens volgende jaar se Spele. Pierre Rabadan het gereageer op die naweek se voorval naby die Eiffeltoring wat die lewe van ‘n Duitse burger geëis het. Die verdagte is aangekeer en teen-terrorisme-agentskappe ondersoek tans die verskyning van ‘n video waarin hy trou aan die jihadistiese groep, Islamitiese Staat, beloof. Rabadan sê Frankryk het ‘n uitsonderlike stelsel ontwikkel wat gereed sal wees wanneer die Spele op 26 Julie begin.