Parys Ope: Djokovic dring (weer) deur

Die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, was een stel agter maar het teruggeveg om Tallon Griekspoor te verslaan en sy negende agtereenvolgende Parys Meesters-kwarteindstryd te haal. Djokovic het die laaste agt punte van die wedstryd gewen om Griekspoor van Nederland met 4-6, 7-6, 6-4 te klop en spog nou met 15 agtereenvolgende seges. Djokovic sal teen die verdedigende kampioen, Holger Rune van Denemarke te staan kom, wat die Duitser Daniel Altmaier met 6-3, 6-3 verslaan het. Stefanos Tsitsipas van Griekeland het vir die vyfde agtereenvolgende jaar amptelik vir die ATP-eindtoernooi in Turyn gekwalifiseer, nadat hy Alexander Zverev van Duitsland in skoonstelle geklop het.