Partygate: Komitee ondersoek Johnson

‘n Britse parlementêre komitee het die besonderhede uiteengesit van hoe hy sal ondersoek instel oor of premier Boris Johnson die parlement mislei het oor Covid-oortredings by Downingstraat 10. Die komitee oor voordele sal kyk of Johnson die parlement mislei het met sy verskeie opmerkings oor sogenaamde Partygate. Sou die komitee bevind dat hy die parlement bewustelik mislei het, bepaal die konvensie dat hy moet bedank. Insette van belanghebbendes kan tot 29 Julie ingedien word.