Parlementstuine: Dis 3 jaar, opknapping nog nie klaar nie

Lede van die publiek in die hoofstad kla oor die feit dat die Parlementstuine steeds, sedert die begin van die pandemie in 2020, gesluit is. Windhoekers het altyd die tuine geniet, veral oor die naweke maar, met optogte in 2021 en verlede jaar, is die tuine omhein en die hekke gesluit. Die waarnemende woordvoerder van die Nasionale Vergadering, Rafael Hangula, sê dat opknappingswerk, veral aan die toilette, steeds nie deur die ministerie van werke voltooi is nie.