Parlement straf ANC-lid oor onetiese optrede

‘n Kaapstadse raadslid, Angus McKenzie, verwelkom ‘n besluit deur die parlement se etiekkomitee. ‘n Lid van die parlement wat ook die ANC se Wes-Kaapse sekretaris is, Faiez Jacobs, is skuldig bevind aan onetiese optrede. Jacobs het ‘n neerhalende, rassistiese woord gebruik toe hy McKenzie in ‘n WhatsApp-groep aangeval het. McKenzie sê hy het klagtes ingedien by beide die polisie en die speaker van die parlement.