Parlement is die week gesluit, Speaker, talle ander positief

Die Speaker van die Nasionale Vergadering Professor Peter Katjavivi is Covid-positief en kan dus nie die sessies hanteer nie. Terwyl daar voreër berigte was dat die sittings vanmiddag sal hervat, ook nadat die kamer verlede week gereinig is, het die Nasionale Vergadering kennis gegee dat al die sittings wat vir die week geskeduleer is, gekanselleer is. Volgens die verklaring is daar baie personeel en LP’s wat positief getoets het vir Covid en die gebou moet weer gereinig word.