Parlement hervat volgende maand

Die Namibiese parlement gaan volgende maand weer hervat, volgens die woordvoerder, David Nahogandja. Talle Namibiërs sien uit daarna, veral nadat die Landless People’s Movement se leiers, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb, hul appèlsaak gewen het teen die speaker, professor Peter Katajavivi, nadat hy hulle uit die Nasionale Vergadering geskop het. Nahogandja gesels met Kosmos 94.1 Nuus.