Parlement gereed vir Ramaphosa se staatsrede

Die parlement in die buurland sê gebeurlikheidsplanne is in plek om te voorkom dat beurtkrag die Staatsrede volgende maand ontwrig. President Cyril Ramaphosa sal sy staatsrede op 9 Februarie lewer. Die Nasionale Vergadering se sekretaris, Masibulele Xaso, sê 263 gaste sal die verrigtinge bywoon.