Parlement: gemengde reaksie op 2021

Die opsomming van die afgelope jaar in die Nasionale Vergadering lok gemengde reaksie uit. Dit was ‘n interessante jaar, wanneer lede van die huis wel gesit het – omdat daar weereens talle onderbrekings was as gevolg van Covid. Die leier van die PDM-party McHenry Venaani is van mening dat die vlak van debat baie goed was en dat die opposisie-partye meer as hulle deel gedoen het om verskeie kwessies na vore te bring. Die LPM-party, wat groot opskudding die jaar in die huis veroorsaak het, sê dis jammer dat te min wetsontwerpe deur die huis bespreek en voltooi is. Die kommentator, Graham Hopwood van die Instituut vir Openbare Beleid, stem saam met die LPM en sê talle wetsontwerpe is reeds vir twee jaar vertraag. Daar word veral gewag op die toegang tot inligting wetsontwerp. Daar word gemeen dat lede van die huis nie voldoende navorsing op kwessies doen nie. Die adjunk-Speaker Loide Kasingo sê Swapo-lede is nie betrokke genoeg nie en is te stil in tydens sessies.