Paragon staan interlokus aansoek vir interdik deur Menzies teen

Daar is vanoggend ‘n interlokus-aansoek wat in die saak van Menzies Aviation, om die aanstelling van Paragon Investments en Ethiopian Airlines om vrag by Namibiese lughawens te hanteer van die hand te wys, aangehoor word. Menzies soek ‘n tussentydse interdik om te verhoed dat Paragon die vrag hanteer terwyl die hofsaak nog nie afgehandel is nie. Paragon, en die ander respondente in die saak staan dit teen. Menzies se hoof aansoek meen dat daar verskeie geregtelike bepalings is wat in Paragon se aanstelling nie nagekom is nie. Regter Eileen Rakow hoor die saak aan.