Para-atlete: Meer werk is nodig

Die sekretaris-generaal van die Namibiese Paralimpiese Komitee Michael Hamukwaya, sê die para-atlete se prestasie by hul eerste internasionale kompetisie vir 2022 het getoon dat meer gedoen moet word vir jonger atlete om die leisels oor te neem. Die komitee het ses atlete en ‘n gids vir Saterdag se Wynland Internasionale Kampioenskappe wat in Stellenbosch, Suid-Afrika gehou is, ingeskryf. Oor die algemeen het die atlete goed gevaar maar meer werk is nodig en die komitee sal ‘n oefenkamp moet aanbied. Die kwalifiserende tydperk vir die Statebondspele kom einde Mei tot ’n einde en atlete wat nie in die top-agt van die Statebond-lande is nie, sal dan nie kwalifiseer nie.