Paneel vir Duiker se verhoor aangestel

Die Namibiese minister van sport, Agnes Tjongarero, sê die paneel wat die dissiplinêre verhoor van die nasionale koördineerder van die Namibiese Skolesport-unie Solly Duiker sal aanhoor. is nou aangestel en dus sal die verhoor nou begin. Duiker is geskors ná die chaos van die laaste Cossasa-spele in Suid-Afrika. Verslae sê dat die spele die regering 1,4 miljoen Namibiese dollar gekos het. Tjongarero gesels met Kosmos 94.1 Nuus.