Robbe begin teel, publiek moenie mammas met babas pla nie

Volgens Ocean Conservation Namibia begin die rob-teelseisoen nou met die eerste robwelpies wat reeds gebore is. Naude Dreyer, die mariene bioloog van die organisasie, sê dat die see vanjaar vol visse is en die robbe sal nie vrek nie weens ‘n gebrek aan voedsel nie. Met die feesseisoen wat om die draai is, sê Dreyer  mense liewer moet wegbly van die robbe met hul kleintjies.