Pandor sê Elizabeth was geliefd

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê koningin Elizabeth het ‘n onuitwisbare merk op die wêreld gelaat en sal deur die geskiedenis onthou word. Die koningin, Brittanje se monarg wat die langste regeer het, is in die ouderdom van 96 oorlede. Volgens Pandor het die koningin die Statebond baie ernstig opgeneem en haar status en aura het in ‘n mate tot die geloofwaardigheid van die organisasie bygedra. Die minister het bygevoeg sy was ‘n merkwaardige mens en wêreldwyd geliefd: