Pandor bestee R47m op reise

Die DA het die buurland se minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, en haar departement se buitensporige besteding ontbloot, en onthul meer as 47 miljoen Suid-Afrikaanse rand is sedert 2019 toegeken vir reis, verblyf en verwante koste. Die onthulling, wat volg op ‘n parlementêre vraag, het wenkbroue laat lig, veral in die lig van die voortgesette kostebesparingsmaatreëls wat deur die Nasionale Tesourie ingestel is in kritieke dienssektore soos behuising, gesondheid en onderwys. Emma Louise Powell van die DA sê die oordadige uitgawes staan in skerp kontras met die besparingsmaatreëls wat aanbeveel is vir noodsaaklike dienste: