Pandemie-verdrag laat vrae ontstaan

Die sogenaamde pandemie-verdrag van die Wêreldgesondheidsorganisasie is in die nuus. Dit moet deur lidlande in Mei vanjaar onderteken word maar, daar is bepalings wat veral die VSA, Brittanje en Europa bekommerd maak, veral in verband met toegang tot verskeie medikasies, intellektuele eiendom en meer. Lande moet bepalings nakom om dan toegang tot verskeie voordele te ontvang. Op die oomblik maak die ryk, ontwikkelde lande kapsie teen van die bepalings, veral in die billike verskaffing van entstowwe en daar is kommer dat lidlande soos Namibië, eenvoudig teen elfder uur, die verdrag sal moet aanvaar in die vorm wat die magtige lande dit wil hê. Die hoof van die WGO Tedros Ghebreyesus blyk om ‘n sagter boodskap uit te stuur, een van beleggings in primêre gesondheidsorg wat die verdrag vereis.

Plaaslik het die Health Defence League reeds die hof genader oor die gedwonge beleid tydens Covid en Henk Mudge, ‘n lid van die liga, het ook onlangs sy kommer oor die WGO se verdrag so verwoord.